Voedselsoewereiniteit is die reg van mense, gemeenskappe en lande om hulle eie beleide te bepaal vir landbou, visserye, verbruikers en voedselhandel solank as wat hierdie beleide ekologies volhoubaar is, bydra tot maatskaplike geregtigheid en nie die moontlikhede vir ander beperk om dieselfde te doen nie.