Skip to main content

Latest News

Published on:
6 October 2026

TCOE ondersteun Klimaatweek

Op Saterdag, 5 September 2026 het die ‘Trust for Community Outreach and Education (TCOE), ‘n spesiale stalletjie gehad by die kleinboere-boeremarkin Mowbray. As deel van die Kaapstadse Klimaatweek 2026 aktiwiteite, het TCOE ‘n uitstalling hehad ter bewusmaking van klimaatsverandering. Met ‘n spesiale banier om almal daaraan te herinner dat daar net een planeet aarde is.
Ingesluit was ‘n was ‘n sentrale beeld soortgelyk aan die skaal van geregigheid, met die Aarde aan die die een kant van die skaal en ‘ moderne ontginnningsaanleg en verwante nywerheidsontwikkeling, aan die ander kant met baie wit ruimte rondom die beeld waar mense aangemoedig was om hul eie boodskappe te skryf ter ondersteuning en klimaatsbewusmaking.
Die maandelikse boeremark vind plaas op die eerste Saterdag van elke maand en hierdie maand het dit op die 5de September geval, wat die laaste dag van klimaatsweek was.

Kleinboere en agterplaasboere kom so ver as Zolani buite Robertson, meer as ‘n uur se ry vanaf Kaapstad. Verder aan kry jy vir Suurbraak, ‘n drie-uur lange ry. Tog is die boere gelukkig om hierdie reis een keer per maand af te le, vir sommige van hulle is Mowbray mark waar hulle meeste van hul produkte kan verkoop.
Soos tannie Elsie Sauls ‘n 72jarige saadbewaarder en agterplaas boer wat ak vir 20 jaar boer en het eerstehandse ervaring van die effekte op haar oeste van patats, spinasie en meer, deur klimaatsverandering.Sy se sy plant wat ookal sy kan plant, “As ek dit kant kweek dan plant ek dit”, maar in onlangse tye het sy gesukkel met of te veel reen wat die grond ten at maa en nie die saad kan laat ontkiem of dan geen reen wat te warm is vir die sade en saailinge om te oorleef. In 2023, het Greenpeace aangedui dat die jaarlikse temperature , beide warm en koud, in Suid Afrikaverdubbel het teen die wereldgemiddlde.
Terwyl Keshia Leanard van ‘n vissersdorpie in Buffeljagsbaai noem dat die see temperature mee bring dat haar gemeenskap minder vis kry, want die water is of te koud of te warm. Beide uiterstes beteken die vis nie byt nie en minder word.
Sy voeg by dat die klimaatsverandering ook lei tot meer verskillende tipe vis en seelewe in hul waters, wat nie alles eetbaar is nie.

 


So vroeg as 2019, het WWF South Africa die afname rapporteur in vangs van kleiner vissersgemeenskappe. Die stryd was as gevolg van die verandering in water temperature en oseaanversuring, wat migrasiepatrone verander het enoorlewingsyfers van kus-wildlewe, wat vissers dwing om verder en meer dikwels uit te vaar om genoeg vis huis toe te brin om hul gesinne te voed.

Abigail Jacobs van Robertson, is ‘n agerterplaas boer vir die afgelope 10 jaar. Volgens haar is klimaatsverandering Meestal teenwoordig in haar ervaring, want sy het nie net kleiner gewasse nie, maar ook minder werk. Afkomstig van ‘n boerdery gebied waar werk Meestal seisoenaal is, afhangend van die seisoen en die gewasse, onverwagte weer gebeure het in onlangse jare kleiner gewasse en minder werk werk meegebring. Sy kan in een dag verdien op die mark wat sy normaalweg sou genereer in twee tot drie dae.

Babalwa Phillies hoef nie verder as ander klein skaalse boere te reis om die mark te bereik nie, want sy het ‘n klein boerdery naby Crossroads waar sy spinasie, wortels, preie, sprietuie en botterskorsies in seisoen. Vi haar is die boerdery ‘n lewenslyn, want sys is werkloos behalwe gedurende plant en oestyd en sy verdien die meeste van haar maandelikse inkomste deur TCOE se mark.
“Die impakte van klimaatsverandering hou ‘n agteruitgang bedreiging van 50% in vir die landbou produksie van Suid Afrika teen 2050… Mieliemeel is ‘n stapelvoedselbron vir arm huishoudings en is wys alreeds jaarlikse prys verhogings van 30% as gevolg van klimaat impak op landbouproduksie”.


Verskeie organisasie bewerkstellig werkswinkels en aktiwiteite, imsluitend die bevordering van gemeenskaps aksie vir klimaat regverdigheid en ‘n volhoubare toekoms,
TCOE bevorder omgewings aktivisme as deel van hul volhoubaarheids inisiatiewe en onderrig voedsel soewereiniteit. Voorts ondersteun hulle aktief landelike gemeenskappe in hul pogings om hierdie ekonomies sukkelende gemeenskappe in staat te stel om hulself en hul families te voed, deur hul eie voedsel te produseer, agro-ekologiese spilpunte te ondersteun, gemeenskaps groentetuine te kweek, netwerke vir die deel van sade en alternatiwe plaaslike market.
Die afgelope drie maande, het die organisasie ook plaaswerkers gemeenskappe geteister deur verwoestende vloed en stoems ondersteun regoor die Robertson, Worcester en Rawsonville areas uitgestrek tot by Suurbraak.
Die organisasie is toegewy daaraan om gemeenskappe te bemagtig om behaar oor hul eie voedsel stelsels, voedsel produksiekettings en-ruimte. “TCOE pleit vir klimaatsgeregtigheid deur beleids oorsigte en voorleggings, voer veldtogte vir klimaats geregtigheid en ondersteun pleitbesorging oor klimaat.”