Skip to main content

Latest News

Published on:
15 September 2026

SAPS gedrag in Robertson vergelyk met ICE

Deur Mzi Velapi en Meagan Stuurman


Die Wes-Kaapse Koalisie Teen Xenofobia (WCC-AX)) waarsku teen die gedrag van die
Suid – Afrikaanse Polisiediens in Robertson en omliggende gebiede, waar dit vergelyk met Verenigde Staat van Amerika se Immigrasie en Doeane Afdwinging (ICE). Dit volg na die arrestasie en maandelange aanhouding van omtrent 200 buitelandse migrante deur die polisie in die omgeweging volgens hierdie groep.

WCC-AX beweer dat buitelandse migrante, meestal van Zimbabwe, maar ook ingesluit mense van Lesotho, Mosambiek en Malawi, het weggekwyn in die tronk op Robertson en die omliggende Wynland dorpe sedert hul arrestasie ongeveer 30 Junie 2026, deel van die regerings reaksie op die anti-immigrasie protes gelei deur ‘March & March’ en ‘Operasie Dudula. Hierdie ant-immigrasie beweging was verklaar met 30 Junie 2026 as sperdatum vir alle buitelandse burgers om die land te verlaat.

Die Interministristriele Komitee oor Migrasie (IMK) het verklaar, selfs voor die xenofobiese sperdatum dat die arrestasies van onwettige buitelandse burgers verskerp sou word. ‘n Persverklaring deur die Komitee op 14 Junie het verklaar dat meer as
40 000 onwettige buitelandse burgers gearresteer was sedert die begin van 2026, meer as 7 400 arrestasies allenlik gedurende die vorige maand (Mei).
Die Verenigde State van Amerika se Immigrasie en DoeaneToepassing agentskap, lei die Trump administrasie se massa deportasie initiatief, dikwels in publieke plekke, wat aanleiding gee tot verskeie botsings tussen protesteerders wie die agentskap se operasies teenstaan.

Die Weskaapse Koalisie Teen Xenofobia beweer dat die regte van buitelandse migrante vertrap word, aangesien hulle medikasie en basiese aanvullings soos sanitere doekies en kos weerhou word.

Die Robertson polisie ontken hierdie aantuigings en se dat kos wat gebring word deur familie en ondersteuners toegelaat was, maar omdat so baie besoekers kom, moet toegang gemoniteer word.
“Die Stasie Kommisaris het bevestig dat kos toegelaat word wat gebring was deur familie, onderwerp aan ‘n gekontroleerde proses en dat besoeke heheer moet word as gevolg van die groot getalle besoekers van die aangehoudenes,’se die polisie.

WCC-AX het gese die SAPD hanteer nie die ontvangs van goedere want dit is in teenstryd met sommige polisie lede wie weier en andere is simpatiek teenoor die aangehoudenes se haglike toestand.

“ Die aanvaarding van goedere, sluit in medikasie, was heeltemal teenstrydig met van die polisie lede, wie eenvoudig weier om items te aanvaar, so meer as om te se ‘gee nie om’, terwyl ander polisie lede hierdie gedrag oplet, maar anders optree, blykbaar almal heeltemal met eie diskresie. se WCC-AX.

     

Sheriff Ramaobi, ‘n aktivis in die area, het bevestig dat hulle vertel was dat hulle niks mag bring vir die aangehoudenes.

“Een van ons kollegas, wie die tronkselle besoek het, het gevra of ons medikasie en voedsel vir ons migrante broers en susters kan bring. Die polisie het dit geweier. Ander olisie stasis soos McGregor en Montagu het streng gese da tons nie toegelaat word nie. Ons word nie toegelaat om enige ondersteuning te gee aan mense wat toegesluit is nie, het sy gese.

Die polisie ontken dat die aangehoudenes onregmatig aangehou word, se dat hulle binne die wet optree en in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake.

“Volgens die SAPD word die buitelandse burgers vir immigrasie verwante redes aangehou in gevolge die toepaslike wetgewing en in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake, wie verantwoordelik is vir immigrasie administrasie en deportasie.
WCC-AX betwis dit, redeneer dat na die betaling van die skulderkenningsboete, hulle moet vrygelaat word pleks van in die tronk bly vir meer as twee maande.

“Indien die polisie hulle verder wou aanhou, dan moes hulle die administratiewe prosedure soos vervat in s34 van die Administrasie Wet gevolg het. Die wet vereis dat mense ingelig moet word oor die redes vir hul aanhouding en hul regte, ook dat hulle die reg het om die deportasie teen te staan asook regsverteenwoordiging. Hul volgehoue aanhouding moet voor die hof verskyn, met die geleentheid tot verteenwoordiging, Dit het nie gebeur nie. Dus is hul volgehoue aanhouding onwetlik, se die WCC-AX.

WCC-AX vereistes

Sommige van die kernvereistes van Weskaapse Koalisie Teen Xenofobia sluit in , die vrylating van die aangehoudenes en die vereiste dat SAPD lede moet ophou optree soos lede van die ‘March and March’ (ook ICE en US)” en om op te tree binne die wet. Die anti-xenofobiese groep het ook gevra vir die skorsing van die polisie lede verantwoordelik vir die skending van die weten menseregte, ook dat hulle onderwerp word aan navraag. Voorts vra hulle ook dat die Suid Afrikaanse Menseregte Kommissie, ondersoek moet instel na menseregte skending.

Die Minister van Binnelandse Sake moet verduidelik hoekom sy departementele amptenare voortgaan met kriminele en administratiewe verrigtinge, teenstrydig met die Immigrasie Wet, se die organisasie.

CSAAWU beroep ‘n dringende en gekoordineerde ingryping.

Die Landbousektor is die streek se grootste werkgewer en meeste buitelandse burgers in die area werk op plase. Die Kommersiele, Hawe-arbeid , Landbou en verwante werkers unie (CSAAWU) is diep besorg oor die aanhouding van buitelandse burgers in tronke in die Kaapse Wynlande.
“As vakbond toegewyd aan die beskerming van werkers regte, menseregte en waardigheid is , CSAAWU fundamenteel gekant teenteen enige oortreding van migrant werkers se regte. Migrante werkers is werkers en hul nasionaliteite of immigrasie status moet nooit gebruik word om hulle fundamentele regte te ontken nie, insluitend behoorlike regs-en administratiewe prosesse, toegang tot geregtigheid en menswaardige behandeling, volgenens die vakbond se Algemene Sekretaris, Deneco Dube.
As gevolg, vra die vakbond vir ‘n dringende ingryping deur alle belanghebbendes.

“Ons glo hierdie aantuigings vereis ‘n dringende ondersoek deur die relevante owerhede en onafhanklike menseregte instansies. Mense in aanhouding sonder behoorlike geregtelike proses of aangehou vir lang tydperke aangehou word, dit is ‘n ernstige kwessie wat nie geignoreer kan word nie,” se Dube.